Personeel Kalender

 

 

Eksamenraad vir Christelike Onderwys


Visie van ERCO

Die Eksamenraad vir Christelike Onderwys (ERCO) streef daarna om die onbetwiste leier in die lewering van eksamendienste aan skole in Suid-Afrika te wees.


Missie van ERCO

Die Eksamenraad vir Christelike Onderwys (ERCO) se taak is om aan sy kliënte ‘n uitnemende eksamendiens te verskaf deur:

‘n bekostigbare eksamendiens te lewer,
‘n eksamendiens met hoë standaarde, gebaseer op uitnemende vraestelle en nasorgdiens, deurlopende interne monitering en leiding tydens eksterne moderering,
onkreukbare integriteit en sekuriteit rondom die hantering van vraestelle en puntestate,
effektiewe administratiewe stelsels wat binne die raamwerk van Christelike Onderwys voldoen aan die vereistes soos deur die Onafhanklike Sertifiseringsliggaam in Suid-Afrika (Umalusi) gestel,
administratiewe dienste aan kliënte wat regverdig, professioneel en van hoë integriteit is,
optrede teenoor en rapportering aan sy kliënte wat getuig van ‘n waardestelsel eie aan die etos van die Beweging van Christelike-Volkseie Onderwys.


Die doel van ERCO

Die doel en die hoofbesigheid van ERCO is vervat in die Akte van Oprigting van die Maatskappy wat soos volg lees:

“Om deur die medium Afrikaans, eksamen, assessering, akkreditering en sertifisering, basiese en verdere onderwys en opleiding van die hoogste standaard en integriteit, gegrond op ‘n Calvinisties gereformeerde lewens-, wêreld- en Afrikaner-kultuurbeskouing beskikbaar te stel aan enige kandidaat wat deur medium van Afrikaans geëksamineer en geassesseer wil word en om aldus enige kandidaat vir taalvaardigheid in enige ander bykomstige tale ook te eksamineer en te assesseer.”

Die hoofdoelstelling van ERCO (Maatskappy) is om die doel wat die hoofbesigheid beskryf, soos hierbo uiteengesit, te bevorder.

Aanvullende doelstellings:

Om die kwaliteitsversekering te doen wat benodig word vir die daarstelling van eksamen, assessering, akkreditering en sertifisering van die hoogste standaard en integriteit.
Om ‘n funksionele Eksamenraad te wees om sodanige eksaminering, assessering, akkreditering en sertifisering te fasiliteer en uit te voer.